Tem Jou Draak Brein Storieboek, Aktiwiteitsboek en Draak Brein en Geartikuleerde Draakbreinmaat Spesiale vakansie prys
Original price was: R415,00.R350,00Current price is: R350,00.
Anja het ‘n draak met die naam Spyker as troeteldier.Hy moet afrigting kry. Sy ontmoet Tifon, ‘n Draakmeester was drake afrig en is verras om te leer dat sy ook ‘n draak brein het. Tydens die afrigting proses vind sy uit dat sy haar eie emosies moet leer bemeester voordat st Spyker kan begin leer. Tem Jou Draak Brein handel oor die avonture van Anja, Spyker en hul vriende war almal leer dat hulle emosies en hulle draakbreine baie nou verbind is.
Kinders en ouers kan baat vind deur die lees van hierdie storie. Kinders wat sukkel met angs, woede, hartseer, kan leer hoe om hulle emosies beter te reguleer.
Die Aktiwiteitsboek moedig kinders aan om op ‘n prettige en stimuleerende manier met die karakters Anja en Spyker in Tem Jou Draak Brein om te gaan. Die boek is vol raaisels, speletjies, aktiwiteite en feite oor drake, towenaars en die brein. Kinders kan op hul eie werk of saam met iemand wat hulle ken en vertrou. Dit kan as ‘n prettige leeraktiwiteit dien wat ook die band tusseen ouer en kind verstewig.
Hierdie 16 cm geartikuleerde draak is nie net ‘n koel 3D-gedrukte beeldjie nie – dis ‘n sakgrootte-instrument vir kreatiwiteit, ontspanning en vaardigheidsbou. Dis ‘n moet-hê vir kinders, volwassenes en enigiemand wat van “fidget”-vriendelike pret hou. ‘n Kalmerende, skermvrye “fidget toy” vir angstige of rustelose oomblikke. Stimuleer verbeelding, kan storievertelling, draakgevegte of fantasiewêreldbou aanwakker. Ideaal vir kinders wat moet “fidget” om te fokus terwyl hulle na Tem Jou Draak Brein of ander stories luister.






